# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê hulle werk daaraan om die Lugverkeer-navigasiedienste te stabiliseer. Sy het in Desember ʼn span aangestel om ernstige probleme by die staatsinstelling te ondersoek. Die span se voorlopige verslag in Januarie het vier probleemgebiede aangedui: ernstige personeeltekorte, kommunikasietoerusting, vlugprosedures en stelselmatige swakhede in veiligheidbestuurstelsels. Creecy erken daar was vertragings om vlugprosedures vir goedkeuring by die Lugvaartowerheid in te dien:
Minister Creecy sê hulle vorder met hersiening van Lugverkeer-navigasiedienste [KLANK]
ENG CreecyOnProcedures