Skip to content

Krieket: Pakistanse Krieketraad vra Corbin Bosch om sy kontrak met IPL te verduidelik

# Krieket: Die Pakistanse Krieketraad het ‘n amptelike regskennisgewing aan die veelsydige Proteas-speler Corbin Bosch oorhandig waarin beweer word hy kom nie sy kontraktuele verpligtinge na nie. Dit volg nadat Bosch ‘n kontrak geteken het om vanjaar vir Mumbai Indians in die Indiese Premierliga te speel. Hy is in Januarie deur Peshawar Zalmi gekontrakteer om in die Pakistanse Superliga te speel. Die IPL en die PSL bots vanjaar die eerste keer. Die Pakistanse Krieketraad sê hulle het Bosch gevra om sy optrede te verduidelik.