# Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Supra Mahumapelo, vra president Cyril Ramaphosa en minister Ronald Lamola om dringend, in die belang van Suid-Afrika, die uitsetting van Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Ebrahim Rasool, te hanteer. Die VSA se minister van Buitelandse Sake Marco Rubio het op sosiale media Rasool tot persona non grata verklaar en hom 72 uur gegee om Amerika te verlaat. Mahumapelo sê hulle is bemoedig deur Ramaphosa en Lamola se gebruik van diplomatieke kanale in die voorval, eerder as mediaplatforms.
Voorsitter van parlementêre komitee vra Ramaphosa om in belang van SA uitsetting van Rasool te hanteer