# Die DA vra vir ‘n volledige forensiese oudit van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se DNS-verwerking en forensiese laboratoriums na die onthulling van ‘n skokkende agterstand van 140-duisend gevalle. Die party blammeer die verouderde toerusting, swak bestuur, en die onbehoorlike hantering van DNS-bewyse vir die vertraging van geregtigheid, veral met geslagsgebaseerde geweldsake. Ian Cameron van die DA waarsku dat die mislukking met DNS-verwerking veroorsaak dat misdadigers wegkom:
DA veroordeel SAPD oor mislukking om forensiese laboratoriumprobleme op te los ondanks verskeie waarskuwings [KLANK]
ENG CameronOnForensicAudit