Skip to content

Boks: Chris Eubank Jr met R2,4-beboet nadat hy Conor Benn met eier in die gesig slaan

# Boks: Chris Eubank Junior is met bykans 2,4-miljoen-rand beboet nadat hy nog ‘n Britse bokser, Conor Benn, met ‘n eier in die gesig geslaan het gedurende ‘n onderonsie voor volgende maand se wraakgeveg. Eubank het verlede maand op ‘n nuuskonferensie verwys na Benn se twee positiewe opkikkertoetse in 2022. Die Wêreldboksraad het Benn onskuldig bevind nadat hulle sy verduideliking van ‘n verhoogde inname van eiers as die rede aanvaar het. Eubank het ‘n eier uit sy sak geruk en Benn daarmee geslaan.