Skip to content

Tennis: Iga Swiatek steeds op dreef om Indian Wells-titel suksesvol te verdedig

# Tennis: Die verdedigende kampioen, Iga Swiatek van Pole, is deur na die kwarteindronde van die Indian Wells-meesterstoernooi in Amerika. Die wêreld-nommer-twee, wat probeer om die eerste te vrou te word om die toernooi drie keer te wen, het die Tsjeg Karolina Muchova 6-1, 6-1 afgeransel. Elina Svitolina van Oekraïne het die Amerikaner Jessica Pegula verslaan. In die mansafdeling het Holger Rune van Denemarke met die Griek, Stefanos Tsitsipas, afgereken en sy wenlopie van sewe wedstryde beëindig.