# Krieket: Die Protea-vrouespan neem volgende maand deel aan ‘n driehoekige eendag-internasionale reeks teen Sri Lanka en Indië in Colombo. Dit sal dien as belangrike voorbereiding vir die Wêreldbekertoernooi in Indië later vanjaar. Dit sal ook die eerste keer wees dat Suid-Afrika na Sri Lanka reis sedert 2017, toe hulle met een paaltjie teen Indië verloor het in die eindstryd van die Wêreldbeker-kwalifiseerder. Afrigter Mandla Mashimbyi sê hulle sal kan bepaal watter kombinasies werk die beste vir die toestande.
Krieket: Protea-vroue speel teen Sri Lanka en Indië in eendagreeks in Colombo