Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 11 Maart 2025:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die gesondheidsombud het bevind die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg het nie genoeg toerusting en personeel nie en is nie geskik om sy taak te volvoer nie. Dit volg nadat die geselsprogram-aanbieder Thomas Holmes, ook bekend as Tom London, op sosiale media gekla het oor die behandeling wat hy by die hospitaal ontvang het.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig eerstens oor president Cyril Ramaphosa en lede van die ANC se NUK wat besoek gebring het aan die Vrystaat. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê hoewel staatskaping hoogty gevier het in die provinsie, staan die ANC steeds sterk.
Dan skryf die webblad die Nasionale Vervolgingsgesag gaan vanjaar nog staatskapingsake voor die hof bring.
En laastens is daar nuus oor die Varsity-beker. Tuks het die Ixias in Bloemfontein met 63-26 gewen en Ikeys het Wits met 73-17 kleedkamer toe gestuur.
GAUTENG:
# Sowetan:
Berig soos Business Day oor die haglike omstandighede by die Helen Joseph-hospitaal.
# En The Citizen:
Stel ondersoek in na die ANC se besteding voor die verkiesing waartydens 500-duisend T-hemde gedruk is en talle werkers na bewering steeds nie vir hul diens betaal is nie.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig terwyl politieke partye en burgerlike organisasies weier om enige verhoging in BTW te aanvaar, sal die regering volgens kenners geen ander keuse hê as om die belasting met een-persent te verhoog nie.
En tweedens skryf die koerant die hoofde van Kleuterzone-groep skole is ingelig dat hulle ‘n verkoop van die groep te wagte kan wees.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig terwyl befondsing vir deurslaggewende projekte vir die stad se armste gebiede gskrap is, beplan die Nelson Mandelabaai-raad steeds om nuwe voertuie vir die burgemeester en hoofsweep in die raad aan te koop.
En tweedens skryf die koerant met net meer as ’n week voor Menseregtedag waartydens president Ramaphosa die 40-jarige herdenking van die Langa-slagting sal bywoon, probeer die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit om sou gou as moontlik vyf-miljoen-rand te bestee om die gedenkteken op te knap.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf die polisie het van die e-taxi-bestuurders wat betoog het, in hegtenis geneem.
En berig ‘n inwoner het ‘n man wat water afgeslaan het in die straat geskiet.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig wydverspreide en swaar reënbuie het verskeie riviere sterk laat vloei en tot stygende damvlakke gelei.
Dan skryf die koerant plaaslike owerhede, privaat waterverbruikers en landelike gemeenskappe skuld NamWater 2,4-miljard-rand.
En laastens word berig die Paaieowerheid het die China Henan International Cooperation Group se hulp dringend ingeroep om die konstruksie van die Nkurenkuru-Nepara-pad oor te neem nadat die vorige kontrakteur niks uitgerig het nie.