# Rugby: Vandag se Sesnasies-wedstryd tussen die voorste twee spanne, Ierland en Frankryk, in Dublin, kan bepaal wie vanjaar se wenner is met nog ‘n ronde oor. Ierland, die tweemalige verdedigende kampioen, is boaan die punteleer op 14 punte, gevolg deur Frankryk op 11 en Engeland op 10. As die Iere wen, sal hulle die titel die derde agtereenvolgende jaar inpalm. As Frankryk wen, sal volgende naweek se laaste ronde bepalend wees. Vandag se ander twee wedstryde is tussen Skotland en Wallis in Edinburgh, en Engeland en Italië op Twickenham.
Rugby: Sesnasies-titel kan vandag in Dublin bepaal word