# Rusland het vroeg vandag ‘n reuse-hommeltuig- en missielaanval op Oekraïene se energie-aanlegte uitgevoer, enkele dae nadat die Oekraïnse president, Volodimir Zelensky, en Europese bondgenote voorgestel het Moskou en Kiëf moet die aanvalle op kritieke infrastruktuur stopsit. Die Oekraïense Lugmag sê Rusland het minstens 58 missiele en byna 200 hommeltuie afgevuur, wat energie-aanlegte vanaf Kharkiv in die ooste tot Ternopil in die weste beskadig het. Beeldmateriaal wat die nooddienste vrygestel het, wys hoe brandbestryders in die Kharkiv-streek die vlamme bestry in strate vol puin.
Rusland stuur reuse-aanval van stapel op energie-aanlegte in Oekraïne