# Tennis: Die viermalige Grand Slam-kampioen, Naomi Osaka, en 2021 se Amerikaanse Ope-kampioen Emma Raducanu, is uitgeskakel by die Indian Wells Meesters in Amerika. Osaka van Japan het teen Camila Osorio van Colombië verloor terwyl die Japannees, Moyuka Uchijima, Raducanu verslaan het. In die mansafdeling is die 38-jarige Fransman, Gael Monfils, deur na die tweede ronde nadat hy die Duitser, Jan-Lennard Struff geklop het. Die Brasiliaanse tiener, Joao Fonseca, en Japannese veteraan Kei Nishikori, het ook oorwinnings behaal.
Tennis: Raducanu en Osaka uitgeskakel in Indian Wells Meesters se eerste ronde