# President Donald Trump van Amerika het weer ʼn ultimatum aan Hamas gerig en sê die groep moet alle gyselaars in Gaza onmiddellik vrylaat. Dit volg ure nadat die Withuis bevestig het hy beraadslaag regstreeks hieroor met Hamas. Daar is nog 59 gyselaars in Gaza, maar Israelse intelligensie glo net 22 leef nog. Trump sê in ʼn inskrywing op Truth Social hy stuur aan Israel alles wat nodig is om die taak af te handel, en voeg by geen Hamas-lid sal veilig wees as die gyselaars nie vrygelaat word nie.
Trump reik laaste waarskuwing aan Hamas uit om alle gyselaars in Gaza vry te laat