Skip to content

Vragmotor wat olifante na Samara-reservaat in die Oos-Kaap vervoer, slaan om

# ‘n Vragmotor wat vier olifante vervoer het van die Addo-olifant Nasionale Park na die Samara Karoo Reservaat, het vanmiddag omgeslaan op die Olifantskoppas in die Oos-Kaap. SANParke berig die pad is versper tot die toneel opgeruim is. ‘n Veearts van SANParke het bevestig die diere is ongedeerd en hulle probeer om die olifante op ‘n ander vragmotor te laai. Die olifante was ‘n skenking van Addo-olifant Nasionale Park aan Samara. Geen beserings is in die ongeluk aangemeld nie.