Skip to content

Minister Simelane sê hulle werk aan permanente huisvestingsoplossings vir vloedslagoffers in KZN

# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê die regering kyk na permanente huisvestingsoplossings vir vloedslagoffers in KwaZulu-Natal. Minstens 20 mense is dood na swaar reën en oorstromings in die provinsie die afgelope twee weke. Die minister het Dinsdag die rampgebiede by die Impala-vakansiewoonstelle en Lamontville-township besoek en met vloedslagoffers gepraat. Sy sit vandag haar besoek voort. Simelane sê hulle kyk na die moontlikheid om grond of geboue aan te koop, en dit in eenhede vir vloedslagoffers te omskep.