# Basketbal: Die afgetrede tennislegende, Serena Williams het ‘n eienaarsbelang in Kanada se eerste Vroue-Nasionale Basketbalvereniging, die Toronto Tempo’s bekom. Die Tempo’s sal die eerste vroue-span buite Amerika wees. Williams benadruk haar passie vir ‘n belegging in vrouesport en sê die doel is om die waarde van vroue-atlete ten toon te stel. Sy gaan ook ‘n sê hê in die trui-ontwerpe, en handelsware samewerking. Die president van Tempo, Teresa Resch het Williams geloof vir haar impak en haar ‘n rolmodel genoem. Die span gaan in 2026 begin speel, hangende die finale liga-goedkeuring.
Basketbal: Serena Williams verkry eienaarsbelang in Kanada se eerste Vroue Nasionale Basketbalspan