Skip to content

DA verwelkom ondersteuning teen Cullinan-erfenisgebied-ontwikkeling

# Die DA in Gauteng verwelkom omgewingskenners se kommer oor vleilande en bedreigde spesies wat in gevaar sal wees indien die Gautengse regering die Mamelodi-vloedslagoffers in die Cullinan-erfenisgebied hervestig. Leanne de Jager van die DA sê verskeie omgewingsimpakstudies is geïgnoreer want die terrein bly noodsaaklik vir bioverskeidenheid en kulturele bewaring. Sy het premier Panyaza Lesufi se regering gevra om die saak te heroorweeg en ‘n alternatief te vind.