# Krieket: Die veteraan top-orde kolwer Ajinkya Rahane gaan die verdedigende kampioen, Kolkata Knight Riders, aanvoer in vanjaar se Indiese Premiersliga. Die 36-jarige neem oor by Shreyas Iyer, wat vanjaar Punjab Kings se kaptein is, terwyl Venkatesh Iyer Rahane se onderkaptein by KKR sal wees. Rahane sê dis ‘n eer om kaptein te wees van die span wat hy beskryf as een van die bestes in die IPL. KKR speel die 22ste gasheer vir Royal Challengers Bengaluru in die openingswedstryd.
Krieket: Veteraan Rahane vanjaar kaptein vir verdedigende kampioen KKR in IPL