Skip to content

Rugby: Bulle se lang beseringslys word ‘n groot kopseer

# Rugby: Die Bulle se uitdaging met beserings het vererger na die naweek se Verenigde Rugbykampioenskaps-nederlaag teen die Stormers op Loftus. Direkteur van rugby, Jake White se gewone mediese verslag op ‘n Maandag is nie goeie leesstof nie, en bevat die name van Elrigh Louw, Cameron Hanekom, Johan Goosen, Canan Moodie, Cobus Wiese en Marco van Staden. Die Bulle is tans derde op die punteleer en speel volgende teen die voorloper, Leinster. Die span het gelukkig nou ‘n blaaskans van twee weke en hoop sommige van hulle staatmakers is dan weer beskikbaar.