Skip to content

DA glo beroepsgesondheid en -veiligheid het misluk in Gautengse staatshospitale

# Die DA in Gauteng het kommer uitgespreek oor die versuim van al 37 staatshospitale om aan beroepsgesondheids- en veiligheidstandaarde te voldoen, met brandrisiko’s wat die grootste bedreiging is. Volgens ‘n verslag van die provinsiale Gesondheidsdepartement het 16 hospitale met minder as 75-persent voldoen en beskik nie oor noodsaaklike brandvoorkomingsmaatreëls nie. Die Charlotte Maxeke-hospitaal moes vyf-jaar gelede ‘n groot brand trotseer en voldoen tans teen slegs 72-persent. Die DA dring aan op beter instandhouding en korrupsievrye aanstellings om hospitaalveiligheid te verbeter.