Skip to content

President Ramaphosa sê pogings om die onderwysstelsel te hervorm werp vrugte af

# President Cyril Ramaphosa sê die regering se pogings om die onderwysstelsel te hervorm is besig om vrugte af te werp, maar baie werk moet nog gedoen word. Die 2030-Leespaneelverslag wys dat 80-persent van graad drie-leerders nie in enige taal met begrip kan lees nie. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief een van die skadelikste gevolge van Bantoe-onderwys was die doelbewuste nalate om swart kinders te voorsien van onderrig gedurende die grondslagjare. Hy sê deur die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette sal jong kinders beter voorbereid wees vir formele onderwys.