# Sokker: Mamelodi Sundowns is nog ‘n tree nader aan ‘n agtste agtereenvolgende Premierligatitel nadat hulle die naweek Kaizer Chiefs met 1-0 in die Lucas Moripe-stadion geklop het. Die Brazilians het Amakhosi ore aangesit in ‘n taai stryd danksy ‘n briljante doelskop deur Lucas Ribeiro, wat die dryfveer is agter die span van Tshwane se poging om die kampioenskap verder te oorheers. Sundowns is nou 18 punte voor hulle naaste teenstanders Orlando Pirates, hoewel die Buccaneers nog vyf wedstryde oor het.
Sokker: Sundowns is te goed vir Chiefs, bou 18-punt voorsprong in Premierliga op