# Krieket: Suid-Afrika het maklik deurgedring na die halfeindstryd van die Kampioenetrofee-toernooi na ‘n oortuigende oorwinning van sewe paaltjies gister oor England in hulle laaste groep B-wedstryd in Karachi. Die Proteas het die wenteiken van 180 gehaal met nog 20 beurte oor en in die 30ste boulbeurt 181 lopies gehaal. Suid-Afrika het die wedstryd oorheers met Rassie van der Dussen se onoorwonne 72 van 87 balle af en Heinrich Klaasen se 64 van 56 balle wat hulle deurgedra het.
Krieket: Proteas bereik Kampioenetrofee-halfeindstryd met oortuigende oorwinning oor Engeland