Skip to content

ActionSA versoek regering om gaping te vul na staking van USAID-befondsing

# ActionSA het die regering van nasionale eenheid gevra om dringend die gaping in befondsing, ter waarde van agt-miljard-rand, te vul. USAID het sy befondsing in Suid-Afrika gestaak, wat gesondheidsorgprogramme, veral PEPFAR raak. Die party waarsku hierdie tekort is ‘n bedreiging vir pasiëntesorg, navorsing en gesondheidsorgwerk. ActionSA versoek die regering om beskikbare heffings op gesondheid te gebruik, NGV-toelaes beskikbaar te stel en personeeltekorte in die komende begroting aan te pak. Die party beklemtoon die behoefte aan ‘n gesondheidsorgstelsel wat selfversorgend en onafhanklik van onbetroubare internasionale befondsing is.