# Tennis: Die Nederlander Tallon Griekspoor het sy grootste oorwinning behaal toe hy die topgekeurde Daniil Medvedev verslaan het om die halfeindronde van die Doebaise Kampioenskap te haal. Griekspoor het vier wedstrydpunte afgeweer om die Rus te klop. Hy kom nou teen die Griek Stefanos Tsitsipas te staan, wat die Italianer Matteo Berrettini getroef het om sy eerste halfeindronde sedert verlede jaar te bereik. In die ander halfeindronde spook Felix Auger-Aliassime van Kanada en die Franse kwalifiseerder Quentin Halys sake uit.
Tennis: Griekspoor klop Medvedev om Doebaise Kampioenskap se halfeindronde te haal