# Die owerhede sê die omstandighede rondom die Oscar-bekroonde akteur, Gene Hackman en sy vrou, die klassieke pianis, Betsy Arakawa, se dood is verdag genoeg om ʼn deeglike ondersoek te regverdig. Die egpaar en hulle hond is Woensdag dood aangetref in hul huis in Nieu-Mexiko. Die vermoede bestaan dat dit deur koolstofmonoksied veroorsaak is. Santa Fe se polisiehoof, Adan Mendoza, sê hulle vermoed die egpaar is reeds ʼn geruime tyd dood:
Polisie sê Gene Hackman en sy vrou se dood is verdag genoeg vir ’n ondersoek [KLANK]
ENG MendozaOnProbe