Skip to content

Krieket: Australiese draaibouler se verdagte boulaksie goedgekeur

# Krieket: Deskundiges het die boulaksie van die Australiese linkerhandse draaibouler Matt Kuhnemann goedgekeur nadat dit vroeër die maand uitgewys is tydens die tweede toets teen Sri Lanka. Die wedstrydbeamptes het vermoed die boulaksie is onwettig en Kuhnemann is by die Nasionale Krieketsentrum in Brisbane getoets. Die Internasionale Krieketraad sê sy skorsing is nou opgehef. Die 28-jarige Kuhnemann het nege toetse vir Australië gespeel. Hy het 16 paaltjies laat kantel in die reeks van twee toetse teen Sri Lanka, wat Australië 2-nul ingepalm het.