# Sokker: Liverpool se hoofafrigter, Arne Slot, is vir twee Premierliga-wedstryde geskors na chaos gedurende hierdie maand se Merseyside-derbie teen Everton. Slot het ʼn rooikaart gekry nadat hy die wedstrydbeamptes beledig het. Hy is met 1,6-miljoen-rand beboet. Slot se hulp-afrigter, Siphe Hulshoff, is ook vir twee wedstryde geskors en met 160-duisend-rand beboet. Die twee klubs is ook swaar beboet na ʼn onderonsie tussen die spelers na die eindfluitjie.
Sokker: Liverpool se afrigter vir twee wedstryde geskors weens chaos na Merseyside-derbie