# Motorsport: Toeskouers sal weer toegelaat word om op Albertpark se baan in Melbourne te stap wanneer die Formule Een-seisoen op 16 Maart in Australië afskop. Die gebruik is verlede jaar verbied nadat ‘n groot aantal toeskouers naby die einde van 2023 se wedren op die baan gestap en by Nico Hulkenberg se gestrande Haas-renmotor kon uitkom. Die organiseerders sê die sogenaamde “baan-stap” is weer ingestel na goedkeuring van die owerhede. Hulle sê die gebruik is uniek en ‘n gekoesterde ondervinding. Veiligheidsmaatreëls sal getref word.
Motorsport: Albertpark-baan oopgestel vir voetgangers na ‘n jaarlange verbod