# Rugby: Die Springbokke se hoofafrigter, Rassie Erasmus, het die stut Steven Kitshoff beskryf as ‘n ware spanspeler nadat hy gister sy uittrede aangekondig het. Die 33-jarige Kitshoff moes noodgedwonge uittree weens ‘n ernstige nekbesering. Hy het 83 toetse vir Suid-Afrika gespeel sedert sy debuut in 2016 en is ‘n tweemalige Wêreldbeker-kampioen. Erasmus sê Kitshoff se spanmaats en afrigters het reuse-respek vir hom oor sy werksetiek, en hy sal altyd ‘n goeie ambassadeur bly van dit waarvoor die Springbokke staan.
Rugby: Rassie sê uitgetrede Kitshoff was ‘n ware spanspeler