Skip to content

Sokker: Bekers vir Liverpool sal Salah se kanse verbeter om Ballon d’Or te wen

# Sokker: Liverpool se hoofafrigter, Arne Slot, sê Mohamed Salah sal ‘n baie groter kans hê om die Ballon d’Or te wen as die voorloper op die Permierliga-punteleer dié seisoen bekers wen. Die 32-jarige Egiptiese superster is die gunsteling om die gesogte toekenning te wen, wat beskou word as die voorste individuele prys in dié sport. Hy ervaar tans ‘n uitsonderlike veldtog. Salah, wat nog ‘n nuwe kontrak moet teken om na dié seisoen by Anfield te bly, het 30 doele aangeteken en bygedra tot nog 21 in al die seisoen se kompetisies.