# Krieket: Die kanse is skraal dat spel moontlik gaan wees in vandag se Kampioenetrofee-wedstryd tussen Suid-Afrika en Australië in Pakistan. Volgehoue reën in Rawalpindi het meegebring dat die twee kapteins nie eens kon loot nie, ʼn uur nadat die spel veronderstel was om te begin. Indien daar geen uitslag is nie, is die wedstryd gelykop en elke span kry een punt. Albei spanne het tans twee punte nadat hulle elkeen hulle onderskeie openingswedstryde gewen het.
Krieket: Reën kan die laaste sê hê in Kampioenetrofee-wedstryd tussen Suid-Afrika en Australië