# Krieket: Wanhoop en eise vir grootskaalse verandering het die krieketmal Pakistan getref nadat die gasheer uit die Kampioenetrofee geskakel is – skaars ‘n week nadat die begin van die eerste internasionale toernooi in dekades gevier is. Die verdedigende kampioen het eers verlede week in Karatsji met 60 lopies teen Nieu-Seeland verloor, voor hy Sondag met ses paaltjies teen sy aartsvyand, Indië, vasgeval het. Pakistan het toe gister sy hoop op Bangladesj gevestig om Nieu-Seeland te klop om ‘n kans te staan om die halfeindronde te haal, maar dit het nie gebeur nie.
Krieket: Pakistan se vertrek uit Kampioenetrofee veroorsaak groot onenigheid in land