# Rugby: Die Springbok-stut Trevor Nyakane kan die res van die seisoen misloop nadat hy sy Achilles-sening geskeur het in ‘n wedstryd vir die Haaie. Hy het sy enkel verstuit tydens die Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met die Bulle die vorige naweek en moes ‘n operasie ondergaan. Die 35-jarige het op sosiale media gesê sy dokters is baie tevrede met die prosedure. Hy sê hy moet net positief bly terwyl hy herstel. Nyakane sê hy hoop steeds om nog drie jaar te kan speel.
Rugby: Bok-stut kan res van seisoen misloop weens geskeurde Achilles-sening