Skip to content

Brandbestrydingspogings op Tafelberg duur voort

# Brandbestryders veg steeds teen die brand in die Nuweland-kloof wat gister in die vroeë oggendure uitgebreek het. Twee helikopters en ‘n waarnemer-vliegtuig staan die grondspanne by ​​om te verhoed dat die vuur na Duiwelspiek versprei. Toestande is moeilik met die brand wat teen steil hellings en ruwe terrein woed, waar ongeveer 60-hektaar reeds vernietig is. Sterk wind word vanmiddag voorspel wat die brand aansienlik kan beïnvloed. Staproetes in die omgewing van Nuweland, Duiwelspiek en Maclear-baken is gister tot verdere kennisgewing gesluit.