Skip to content

USAID het 2,000 werknemers afgedank en ander op betaalde administratiewe verlof geplaas

# Sowat twee-duisend werknemers van die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling reg oor die wêreld is afgedank, terwyl sowat vier-duisend-200 werkers op administratiewe verlof geplaas is. ‘n Federale regter het Vrydag die weg gebaan vir die Trump-administrasie om duisende werknemers van USAID op verlof te plaas. USAID is die wêreld se grootste enkele skenker van humanitêre bystand. Die tegnologie-miljardêr Elon Musk, wat die leier is van die Departement van Regeringsdoeltreffendheid, het USAID uitgekryt as ‘n misadige organisasie en ‘n addernes van radikaal-linkse Marxiste wat Amerika haat.