Nuus 11:00
BULLETIN 16 Junie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Pan-Afrika-Parlement wens president Ramaphosa geluk met sy herverkiesing
# TLU SA pleit vir doeltreffende maatreëls om plaasgeweld te bestry
# En, krieket: Engeland is deur na die Super 8’s van die T20-Wêreldbeker na Australië vir Skotland klop
# Die president van die Pan-Afrika-Parlement, Fortune Charumbira, het president Cyril Ramaphosa met sy herverkiesing gelukgewens. Charumbira sê die hernuwing van sy mandaat is ‘n bewys van die vertroue wat politieke partye en ook die mense van Suid-Afrika in Ramaphosa se vermoë het om die land na die vervulling van sy mense se hoop, ideale en aspirasies te lei. Charumbira het die Pan-Afrika-Parlment se verbintenis tot noue samewerking met Suid-Afrika herbevestig.
# Die landbou-unie TLU SA sê hy is gereed om met die regering saam te werk vir die instelling van doeltreffende maatreëls om plaasgeweld te bekamp. Die uitvoerende hoof, Bennie van Zyl, sê ‘n boer, Tollie Nel, is Donderdag in sy huis in KwaZulu-Natal doodgeskiet voor die aanvallers gevlug het. Van Zyl sê boere is die ruggraat van die landbousektor en hulle veiligheid is van uiterste belang:
# Die Jacob Zuma-stigting sê die familie van sy oorlede voorsitter, Dudu Myeni, is in rou en gaan nie op medianavrae reageer nie. Myeni sou na verwagting in November in die Hooggeregshof in Johannesburg verskyn het vir beweerde korrupsie, na haar saak uitgestel is weens haar kankerbehandeling. Die stigting se voorsitter, Mzwanele Manyi, bevestig die voormalige raadsvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens is Vrydagaand oorlede:
# Krieket: Engeland is deur na die T20-Wêreldbeker se Super 8’s na Australië vir Skotland in St Lucia geklop het. Engeland se vroëre oorwinning van 41 lopies teen Namibië wat deur reën onderbreek is, het beteken Skotland moes wen om te kon deurdring. Australië, wat met vyf paaltjies gewen het, is reeds deur. Indië se laaste groepwedstryd in Florida teen Kanada is weens ‘n nat veld afgelas. Nie ‘n enkele bal is nog by die Broward County-stadion geboul nie, met al drie geskeduleerde wedstryde wat weens reën laat vaar is.
# En, die stad Kaapstad sê op Jeugdag hy het verskeie programme om jongmense te bemagtig, vaardighede aan te leer en hulle in staat te stel om toekomstige geleenthede aan te gryp. Die burgemeesters-komiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê hoewel die maand die kollig op die jeug plaas, kan jongmense reg deur die jaar toegang kry tot programme en geleenthede:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….