Nuus 13:00
BULLETIN 16 Junie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ACDP besluit om buite die regering van nasionale eenheid te bly
# TLU SA pleit vir doeltreffende maatreëls om plaasgeweld te bestry
# En, rugby: Die Bulle is bekommerd oor Willie le Roux terwyl die VRK-eindstryd wat wag
# Die ACDP se adjunk-president, Wayne Thring, sê die leierskap het besluit om nie by die regering van nasionale eenheid aan te sluit nie. Thring sê die ACDP se leiers het onlangs met verteenwoordigers van die ANC ontmoet en is die geleentheid gebied om by die nuwe regering aan te sluit. Hy sê in hulle bi-laterale vergadering het hulle ook oor ‘n nasionale dialoog gepraat:
# Die landbou-unie TLU SA sê hy is gereed om met die regering saam te werk vir die instelling van doeltreffende maatreëls om plaasgeweld te bekamp. Die uitvoerende hoof, Bennie van Zyl, sê ‘n boer, Tollie Nel, is Donderdag in sy huis in KwaZulu-Natal doodgeskiet voor die aanvallers gevlug het. Van Zyl sê boere is die ruggraat van die landbousektor en hulle veiligheid is van uiterste belang:
# Eskom sê namate die winter-elektrisiteitsvraag styg het die oorlading van die netwerk weer kop uitgesteek weens kragdiefstal. Die woordvoerder, Daphne Makoena, sê die misdadige aktiwiteite is ondermeer onwettige konneksies, diefstal van netwerktoerusting, vandalisme, die omleiding van meters, peuter met kragverbindings, die ongemagtigde bedryf van netwerke, en die aankoop van krag by onwettige verkopers. Mokwena doen ‘n beroep op klante om hulle verbruik te verminder:
# Rugby: Daar is twyfel oor die Springbok-heelagter Willie le Roux se gereedheid vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd teen die Glasgow Warriors weens ‘n moontlike kopbesering tydens die Bulle se sege gister teen Leinster. Vrae word gevra oor die skeidsregter se versuim om teen Leinster op te tree vir talle twyfelagtige duikslae. Indien Le Roux nie kan speel nie, sal hy die derde Springbokspeler wees wat die afgelope 14 dae van die kompetisie beseer is, na Kurt Lee Arendse en Canan Moodie verlede week ook op die kantlyn gesit is.
# En om op ‘n onderstebo noot te eindig: Brandweerpersoneel het 28 mense gered wat 30-meter bo die grond onderstebo by ‘n pretpark in Oregon, Amerika, gehang het. Een persoon met ‘n voorafbestaande mediese toestand is as voorsorgmaatreël na die hospitaal geneem, na die AtmosFEAR-rit by die Oaks-pretpark in Portland gestop het. Niemand is in die voorval beseer nie, wat die mense sowat ‘n halfuur vasgekeer het. Plaaslike media sê die rit is sedert 2021 in gebruik met geen vorige voorvalle nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….