Nuus 13:00
BULLETIN 12 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Stad Kaapstad tree op teen diegene wat onwettig grond beset by die geskiedkundige Kasteel
# Numsa staak by die Padongelukkefonds en eis die uitvoerende hoof se verwydering
# En, sokker: Broos sê hy bou nou die Bafana-groep se diepte voor die FIFA-reeks wat volgende week in Algerië begin
# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê hulle tree op teen diegene wat onwettig grond beset by die geskiedkundige Kasteel. Verlede maand is sowat 50 tentstrukture afgebreek wat tydens die Covid-19-pandemie daar opgerig is. Hill-Lewis sê die nasionale Departemente van Verdediging en van Openbare Werke doen stappe om op te tree teen tentkampe rondom die Kasteel. Hy sê Kaapstad gebruik ‘n deurslaggewende benadering om mense te help om van die straat te kom sodat openbare ruimtes weer vir almal se gebruik beskikbaar is.
# Mango se sakereddingspraktisyn, Sipho Sono, beskou die politieke uittrede van die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, as ‘n geleentheid vir vordering. Hy sê Gordhan se teenkanting teen die verkoop van die filiaal van die Suid-Afrikaanse Lugdiens kan verdwyn en moontlik die sukkelende lugredery se herlewing aanhelp. Regskwessies is steeds daar, met ‘n dringende hofaansoek wat hangende is. Ondanks die vertragings is Sono van mening Mango se verkoop is deurslaggewend vir sy reddingsplan en bied hoop vir werknemers wat afgedank is en wag op moontlike heraanstelling.
# Die vakbond Numsa sê hy gaan Donderdag alle kantore van die Padongelukkefonds sluit. Numsa beplan om buite die Nasionale Departement van Vervoer se kantoor in Pretoria te betoog om die uitvoerende hoof, Collins Letsoalo, se verwydering te eis. Die vakbond se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê Letsoalo het man-alleen die fonds verwoes en hy dink niemand gaan hom aanspreeklik hou vir sy skokkende gedrag nie:
# Sokker: Bafana Bafana se hoofafrigter, Hugo Broos, het ʼn groep van 23 jong spelers gekies vir die FIFA-reeks wat volgende week in Algerië begin. Hy het tien van die 23 spelers uitgelaat wat verlede maand die bronsmedalje opgeraap het op die Afrikabekertoernooi in Ivoorkus. Bafana speel volgende Donderdag sy heel eerste wedstryd ooit teen Andorra en vyf dae later meet hy kragte met die gasheerland. Broos sê dis ʼn goeie geleentheid om die groep se diepte te bou:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-60-sent teen die dollar, 20-rand-32-sent teen die euro en 23-rand-78-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 72-duisend-en-9-dollar-19-sent. Die prys van goud is twee-duisend-177-dollar-86-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-55-sent per vat.
# En, laastens: Israel het sy inskrywing vir die Eurovision-liedjiekompetisie aangepas nadat die oorspronklike weergawe beskou is as vol politieke ondertone. Eden Goland sal die nuwe weergawe sing, met die naam Hurricane, wat aangepas is van die oorskronklike liedjie, October Rain, wat glo verwys het na die aanvalle van 7 Oktober. BBC News berig die liedjie vertel nou die storie van ‘n vrou wat ‘n persoonlike krisis beleef. Israel se staatsuitsaaier, Kan, is gedwing om die lirieke te heroorweeg om die land se deelname te verseker. Die kompetisie vind in Mei plaas.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….