Skip to content

Rugby: Marx, Nché, De Villiers benoem vir Wêreldrugby-toekennings

# Rugby: Die Springbokke Malcolm Marx, Ox Nché en Paul de Villiers is benoem vir Wêreldrugby se gesogte toekennings. Marx, verlede jaar se wenner, en Nché is die tweede agtereenvolgende seisoen benoem vir die toekenning as Mans-15s-Speler van die Jaar, terwyl De Villiers benoem is vir die toekenning as 15s-Deurbraakspeler van die Jaar. Wêreldrugby se paneel sal die stemproses in die loop van die week afhandel. Die wenners sal komende naweek aangekondig word tydens die Nasieskampioenskaps-eindronde op Twickenham in Londen, waar Suid-Afrika en Frankryk om die titel sal meeding.