# Die Verenigde Nasies se ondersteuningsending in Libië vra ‘n onmiddellike, onafhanklike en deursigtige ondersoek nadat ‘n Russiese oorlogskip vroeg gisteroggend aangeval is in die Libiese hawestad Benghazi. ‘n Oekraïnse see-hommeltuig het vermoedelik die aanval uitgevoer. Die vaartuig het in Libië vasgemeer vir brandstof- en ander voorraad. Die VN sê sulke aanvalle onderstreep die dringende behoefte om pogings te versnel om Libië se nasionale instellings te laat saamsmelt en hulle vermoë te versterk om die land se soewereiniteit en nasionale sekerheid te beskerm.
VN-sending in Libië vra ondersoek na hommeltuigaanval op Russiese oorlogskip