Skip to content

SAMWU waarsku nuwe stadsbestuur van Johannesburg teen onregverdige afdankings en uitkontraktering [KLANK]

# Die munisipale vakbond SAMWU hoop Johannesburg se nuwe stadsbestuur sal die arbeidswette en bestaande ooreenkomste respekteer. Die streeksvoorsitter, Lebo Ndawo, het aan Newzroom Afrika gesê werkers het die stad aan die gang gehou ondanks politieke onbestendigheid, verbrokkelende koalisies en swak dienslewering. Hy waarsku teen onregverdige afdankings, uitkontraktering en eensydige veranderings aan voorwaardes. Ndawo sê bestendige leierskap moet werkers, inwoners en betroubare dienste voorop stel:

ENG NdawoOnJoburg