# Rugby: Nieu-Seeland het tot vyfde op die wêreldranglys getuimel na Saterdag se rekord-nederlaag teen Engeland. Die All Blacks ewenaar nou hulle swakste posisie ooit na die vernedering van 37-12 op Twickenham. Die Springbokke bly nommer een ondanks hulle tweede agtereenvolgende nederlaag toe hulle in Dublin 20-17 teen Ierland verloor het. Die Iere is nou tweede, net 0,27 ranglyspunte agter Suid-Afrika voor komende naweek se Nasieskampioenskapseindronde. Frankryk is derde, Engeland vierde en Skotland sesde, gevolg deur Australië, Argentinië, Wallis en Fidji.
Rugby: All Blacks tuimel tot vyfde op wêreldranglys na rekord-nederlaag teen Engeland