Skip to content

Krieket: Proteas wil reekssege teen Bangladesj in tweede toets beklink

# Krieket: Suid-Afrika gaan probeer om die reeks van twee toetse teen Bangladesj onoorwonne af te sluit wanneer die spanne môre in Centurion kragte meet. Die Proteas het die openingswedstryd op Wanderers met nege paaltjies gewen. Kaptein Temba Bavuma is weens ‘n kuitbesering uitgeskakel, en Aiden Markram neem die leiding oor. Bangladesj sal ook sonder die ervare kolwer Mushfiqur Rahim moet klaarkom, wat weens ‘n liesbesering langs die kantlyn gaan wees.