Skip to content

Vier sterf in skietery by taverne in Khayelitsha

# Vier mense is dood en nog vyf gewond tydens ‘n skietery by ‘n taverne in Khayelitsha, Kaapstad. Volgens die polisie het gewapende mans die perseel bestorm en lukraak geskiet, waarna hulle in ‘n gekaapte voertuig gevlug het. Die voertuig is later ‘n paar kilometer daarvandaan verlate gevind. Die polisie het ‘n soektog na die verdagtes van stapel gestuur, en ‘n saak van moord en poging tot moord is geopen. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek steeds die motief vir die skietery.