Skip to content

Familie-gebedsdiens vir Mlambo-Ngcuka vandag

# Die familie van die ontslape voormalige adjunkpresident Phumzile Mlambo-Ngcuka hou vandag ‘n gebedsdiens by hul huis in Morningside, Johannesburg. Die byeenkoms begin om twee-uur. Die familie het almal wat saam wil bid terwyl hulle oor haar heengaan rou, genooi om dit by te woon. Mlambo-Ngcuka is Vrydag oorlede ná komplikasies voortspruitend uit ‘n mediese prosedure wat sy twee weke gelede ondergaan het. ‘n Gedenkdiens vind Dinsdag by die Our Lady of Lourdes-katolieke kerk in Rivonia plaas, waarna haar staatsbegrafnis Saterdag in Middledrift, Oos-Kaap, gehou sal word.