# Rugby: Springbok-hulpafrigters Felix Jones en Mzwandile Stick, sowel as kaptein Siya Kolisi, sê hulle is bitter teleurgesteld oor die span se naelskraapse nederlaag van 20-17 gister teen Ierland in Dublin, in die laaste groepwedstryd van die eerste Nasieskampioenskap. Die span is sonder hoofafrigter Rassie Erasmus, wat vir ses wedstryde geskors is ná sy opmerkings oor wedstrydknoeiery. Jones sê daar was oomblikke waar hulle kanse naby die doellyn gehad het, maar die uitvoering het hulle in die steek gelaat. Dit is ‘n sleutelaspek wat aandag sal kry met die oog op volgende week.
Rugby: Springbokke weet wat hulle moet regstel voor die eindstryd van die Nasieskampioenskap