# Die DA in die Wes-Kaap het JP Smith as sy metro-streeksvoorsitter herverkies. Die aankondiging is gister tydens die party se metro-streekskongres in Kaapstad gemaak. Smith sal bygestaan word deur drie streeksondervoorsitters: Ricardo Mackenzie, Patricia Van Der Ross en Phindile Maxiti. Francois Berry is onbestrede as streekssekretaris verkies, terwyl Ian McMahon onbestrede die posisie van streeksvoorsitter vir Finansies verwerf het.
JP Smith herverkies as DA-streeksvoorsitter vir die Wes-Kaapse metro