# Waarnemende president Paul Mashatile besoek die familie van die voormalige adjunkpresident, Phumzile Mlambo-Ngcuka, wat op 71-jarige leeftyd oorlede is. Sy is gisteraand dood, volgens berigte weens komplikasies na ʼn mediese prosedure. Mashatile het medelye oorgedra namens president Cyril Ramaphosa en die regering. ʼn Gebedsbyeenkoms word vir twee-uur môremiddag in Morningside, Sandton, beplan terwyl reëlings vir ʼn gedenkdiens en begrafnis getref word.
Mashatile besoek wyle Phumzile Mlambo-Ngcuka se gesin