# Die buiteband-vervaardiger, Continental, oorweeg om sy aanleg in Gqeberha te sluit. Die stap sal ongeveer 950 werknemers raak. Die maatskappy sê volgehoue onderbenutting, groter mededinging van goedkoop invoere en uitdagende marktoestande plaas druk op bedrywighede. ʼn Amptelike beraadslagingsproses het volgens Artikel 189-A van die Wet op Arbeidsverhoudinge begin om alternatiewe en maatreëls om werknemers te ondersteun, te ondersoek. Indien hulle geen werkbare oplossing vind nie, sal vervaardiging vroeg in 2027 gestaak word.
Continental oorweeg om buiteband-aanleg in Gqeberha te sluit