Skip to content

Giyani-waterprojek in Limpopo word as geldwassery-skema beskryf

# Die voorsitter van die parlementêre versoekskrif-komitee, Dianne Kohler Barnard, beskryf die omstrede Giyani-waterprojek in Limpopo as ʼn geldwassery-skema. Die aanvanklike begroting was 90-miljoen-rand, maar dit kos belastingbetalers tans meer as vier-miljard-rand. Twee mense, ʼn Northern Water-amptenaar en ʼn maatskappydirekteur, het gister in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie en geldwassery wat met die projek verband hou. Sy sê daar is geen aanspreeklikheid nie, ten spyte van jare se ondersoeke en parlementêre oorsig.